Malva Poeding

 

  •  200ml suiker
  •  15ml appelkooskonfyt
  • 250ml koekmeel
  • 5ml koeksoda
  • 2ml sout
  • 30ml botter gesmelt
  • 10ml bruinasyn
  • 125ml melk
  • 5ml venieljegeursel
    SOUS
  • 180ml room
  • 100g botter
  • 180ml suiker
  •  125ml warm water
Voorverhit die oond tot 180*c en smeer die oondbak met botter.
Klits die suiker en eiers baie goed saam tot liggeel en dik (8 – 10 minute).
Voeg die konfyt by en klits weer.
Sif die meel, koeksoda en sout bo-oor.
Meng die botter, asyn, melk en vanieljegeursel en voeg ook by die eiermengsel.
Klits tot gemeng.
Skep die beslag in die oondbak en bak vir 45 minute.
Maak die stroop deur die room, botter, suiker en water te verhit tot die suiker gesmelt is.
Kook vir 2 tot 3 minute en skep die stroop oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
Hou enige orige stroop vir opdiening.
 
GENIET!!!!!!!!!!!
   

Advertisements

Top Clicks

  • None