Romerige Hoender en Spek Pasta

 

clip_image001

 

  • 1 boks Knorr Chicken Mate Creamy Mushroom
  • 200 g spek, gesny
  • 600 ml warm water
  • 15 ml olie
  • 400 g hoender borsies, gesny
  • 1 ui, fyn gekap
  • 250 ml milk

Braai die ui, hoender en spek in die olie in ‘n groot pan.

Voeg die pak speserye mengsel, warm water en koue melk by.

Voeg die pakkie pasta by en bring tot kookpunt, roer nou en dan.

Verlaag die hitte en prut vir 10-12 minute of tot die pasta gaar is.

Advertisements

Maklike Mikrogolf Sjokolade Koek

 

  • 250 ml Koekmeel
  • 15 ml Bakpoeier
  • 45 ml Kakao
  • 15 ml Olie
  • 5 ml Vanielje geursel
  • 250 ml Stooisuiker
  • 3 ml Sout
  • 250 ml Lou water
  • 2 eiers

 

Sif die droe bestandele saam.

Klits die lou water, olie en eiers saam.

Voef vloeistof by droe bestandele en meng goed.

Voeg geursel by en meng goed.

Giet beslag in ‘n bak vir 6 minute op 100% (High)

Laat staan 2 minute voor uitkeer.

Laat afkoel en versier.

Kaasstrooitjies

kaasstrooitjies

  • 1 rol skilferkorsdeeg
  • 60ml soet rissiesous
  • 250ml fyngerasperde belee cheddar
  • 1 eier, geklits

Voorverhit die oond tot 200*C

Rol die deeg effens dunner uit.

Smeer die hele oppervlak met soet rissiesous en sny in die helfte.

Sprinkel die kaas oor die een helfte (tot in die hoeke) en sit die ander helfte van die deeg bo-op.

Rol liggies oor die deeg met ‘n koekroller en smeer met geklitste eier.

Sny in repies en draai om ‘n spiraal te vorm.

Pak op die bakplaat en bak vir ongeveer 10 minute tot goudbruin en gepof.

Laat op die bakplaat afkoel en bere in ‘n lugdigte houer wanneer heeltemal koud.

Malva Poeding

 

  •  200ml suiker
  •  15ml appelkooskonfyt
  • 250ml koekmeel
  • 5ml koeksoda
  • 2ml sout
  • 30ml botter gesmelt
  • 10ml bruinasyn
  • 125ml melk
  • 5ml venieljegeursel
    SOUS
  • 180ml room
  • 100g botter
  • 180ml suiker
  •  125ml warm water
Voorverhit die oond tot 180*c en smeer die oondbak met botter.
Klits die suiker en eiers baie goed saam tot liggeel en dik (8 – 10 minute).
Voeg die konfyt by en klits weer.
Sif die meel, koeksoda en sout bo-oor.
Meng die botter, asyn, melk en vanieljegeursel en voeg ook by die eiermengsel.
Klits tot gemeng.
Skep die beslag in die oondbak en bak vir 45 minute.
Maak die stroop deur die room, botter, suiker en water te verhit tot die suiker gesmelt is.
Kook vir 2 tot 3 minute en skep die stroop oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
Hou enige orige stroop vir opdiening.
 
GENIET!!!!!!!!!!!
   

Hello world!

HELLO!!!

EK GAAN SO PAAR RESEPTE HIER OP SIT.

LAAT WEET MY AS DAAR ENIGE SPESIFIEKE RESEP IS WAT JY SOEK, EK SAL DIE SOEK WERK DOEN EN DIT DAN HIER PLAAS

GROETE

LANDIE